Webs Video Tutorials

Video Tutorials

kaylalovinlife

You must be logged in as a member in order to perform this operation

Member
Joined Aug 31 2009
Actions
Send a Message
Add as Friend
Flag as Inappropriate
General Info

FEMALE
Hluhluwe, South-Africa
Site Memberships

Kayla Lovin Life
Villa Casa Guest House
Hluhluwe Privaatskool / Private School

About Me

Ek is Kayla se mamma.  Ek en Sarel (koekies se pappa) bly en werk by Nibela Lodge in KZN. Sarel het 2 pragtige seuns Waldo en Marko wat by ons bly. Kayla was my en Sarel se 1ste babatjie saam. Kayla was my eerste en enigste. Ek mis haar vreeslik baie en het hierdie website vir haar gemaak.:( Dit help my om hierdie website te maak en elke dag na alles te kyk en vriende en familie se briefies te lees.

Kayla was n baie soet babatjie, soms te soet, soms het ek gewonder hoekom huil sy nie meer nie. Ek kan met baie vreugde se dat ek nooit gekla het om op te staan in die nagte nie, dit was vir my n plesier. Elke dag het ek wakker geword en gewonder wat gaan Kayla vandag doen, leer dans, leer praat en ja sy kon darem n paar woorde se soos mamma, pa, bye bye en n paar Zulu woorde. Kayla was vir my die mooiste kind wat ek al in my lewe gesien het (alle ouers dink so van hulle kinders ek weet), sy het elke dag net mooier, slimmer en ouliker geword. Kayla het baie soos ek gelyk toe ek n babatjie was, net 100 keer mooier, maar sy het net so baie soos haar pappa gelyk, wat n kombinasie. Sy was so n mooi mensie van binne en buite dat almal wou he sy moet op een of ander manier soos hulle lyk. Sy was ook n vrolike kind, sy het altyd gelag en was baie lief vir mense, sy was glad nie bang om na vreemde mense te gaan nie en het haar Zulu nannies baie geniet.:)

Ons mis haar vreeslik baie:(, praat daagliks van haar en kan nie wag om haar weer te sien nie. :)Ek is n christen en lewe volgens God se woord, sonder Jesus in my lewe is ek niks. Die Here sal seker maak dat ons mekaar weer sal sien in die hemel.

Post a Comment

Oops!

Oops, you forgot something.

Oops!

The words you entered did not match the given text. Please try again.

You must be a member to comment on this page. Sign In or Register

0 Comments